Atletiek
Atletiek word hoofsaaklik as ’n somersport beoefen. Die jaarlikse Kleurebyeenkoms word by die JJ Engelbrecht-terrein gehou. ‘Tydens hierdie geleentheid neem die Witspan, Geelspan en Groenspan teen mekaar deel. Verskeie byeenkomsbekers word ook uitgedeel.
Die wenners in die verskillende items kry dan die geleentheid om ons skool tydens die Sonebyeenkoms te verteenwoordig.
Jaarliks slaag ’n hele aantal atlete daarin om aan die daaropvolgende kompetisies deel te neem. Tydens die Metro- en Oos Kaapse Kampioenskappe is die Cillié-atlete ook sigbaar en slaag hulle daarin om as medaljewenners gekroon te word.
Ons spog met verskeie atlete wat reeds die OP tydens die Suid-Afrikaanse Hoërskool Kampioenskappe verteenwoordig het.
Die atlete is bevoorreg om deur ’n span goed opgeleide afrigters bygestaan te word.
AFRIGTERS:
Mnr. W. van der Riet (organiseerder en middelafstande), mnr. G. Ludick (organiseerder en diskus), mev. M. Alting (hoogspring), mnr. M. de Lange (spiesgooi), mej. A. Gouws en mnr. T. Herbst (naellope), mev. M. van Heerden (verspring) en mej. I. Bezuidenhout (gewigstoot).
Spoed navraag
Voltooi en dien in
Kontak ons gerus:
Telefoon en adres besonderhede:
Fisiese Adres:
h/v Kempston- en Uitenhageweg
Sydenham
6001
Port Elizabeth
South Africa
Kontak besonderhede:
Tel: (041) 451 4837
Faks: (041) 451-3500
E-pos:
Facebook: