Rugby
Rugby word deur baie beskou as die belangrikste bemarking van ’n skool. Daar word hard gestreef om in hierdie doel ons skool se naam hoog te hou en die trotse rugbytradisie te laat voortleef.
Die volgende spanne is in die OP se hoërskoolliga ingeskryf:
O/19 A
O/19 B
O/16
O/15
O/14
Elkeen van die spanne het ’n gekwalifiseerde afrigter en die fassiliteite word gereeld opgradeer. Die seuns speel met geborgde rugbytruie. Ons is bevoorreg om met ’n rugbystadium te spog. Gereelde tuiswedstryde word onder spreiligte gespeel.
Geskiedenis word by Cillié gemaak.
Aandwedstryde
Op 6 Mei 2011 het Cillié hul eerste aandwedstryd teen Andrew Rabie gespeel onder die splinternuwe spreiligte wat tydens die sokker wêreldbekertoernooi opgerig is.
Daarna is nog twee aandwedstryde gespeel teen Hoër Tegniese Skool Newton en Victoria Park.
Daar het ’n lewendige atmosfeer geheers onder die spelers op die veld, maar veral ook onder die toeskouers. Die aandwedstryde word in groot getalle bygewoon deur ouers en vriende.
Eerstespan
Spoed navraag
Voltooi en dien in
Kontak ons gerus:
Telefoon en adres besonderhede:
Fisiese Adres:
h/v Kempston- en Uitenhageweg
Sydenham
6001
Port Elizabeth
South Africa
Kontak besonderhede:
Tel: (041) 451 4837
Faks: (041) 451-3500
E-pos:
Facebook: